Subscribe to the bi-annual report
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.
Assessing and promoting civil and minority rights in South Africa.

[This paper was delivered on 9 December 2015 at the conference “Vlaanderen en Zuid-Afrika: nieuwe kansen en vennootschappen?” / “Flanders and South Africa: new opportunities and partnerships?”.  South African Monitor’s Year-end Report of 2015 was also launched on this date.  Translation available on request.]

Dames en heren,

Bedankt voor uw teenwoordigheid. Sinds twintig jaar ben ik een politieke analist voor bedrijven en ministeries. Ik spreek vandavond als politieke analist, klinisch en zakelijk, maar uiteraard ook als ervaringsdeskundige, als een Afrikaner, geboren uit het nageslacht van Zwitsers, Duitsers, Fransen en Nederlanders in Afrika.

De Afrikaners zijn net als de Amerikanen een relatief jong westers volk buiten Europa: gevormd door een strijd tegen het Britse imperialisme; gevormd door zowel mededinging als samenwerking met ander groepen. Ik kon alleen een verre vlaamse voorouder identificeren, Paul Langenhoven. Waar hij meer dan 200 jaar geleden samen met vele anderen goede wegen door de Kaapse bergen heeft gebouwd, zijn er ook nu weer voor vlaamse bedrijven en NGOs verschillende kanssectoren.

Afrika en Suid-Afrika se middelklas

Wie belangstel in Suid-Afrika se sakekanse, moet iets van Afrika se diverse middelklas verstaan. Die middelklas, soos bekend, is dikwels die noodsaaklike kragbron van ‘n ekonomie: as ondernemers, as produsente en diensverskaffers, as beleggers en verbruikers, as innoveerders en werkskeppers.

Die middelklas in Afrika is ten eerste volgens inkomste te definieer. Dan is daar bykans 300 miljoen mense in daardie groep, aldus die African Development Bank in 2011. Ek noem dit die kwesbare middelklas. Hulle inkomste is immers dikwels onderworpe aan politieke skommelings en ekonomiese insinkings, en dan sukkel hulle.

Mens kan die middelklas in Afrika egter ook volgens hul bates en vergelykbare koopkrag identifiseer. Dit is dan op ‘n spektrum wat strek vanaf die vermoë om twee jaar se werkloosheid te oorbrug tot die vermoë om ‘n eie pensioen te kan koop. Ek noem dit die robuuste middelklas. Anthony Shorrocks, Jima Davies en Rodrigo Lluberas, en Credit Suisse, die vierde grootste batebeheerder internasionaal, het dit vanjaar gedoen. Daarvolgens is 62% van die mensen in België in die robuuste middelklas. In Afrika is 18.8 miljoen mense in die robuuste middelklas, 3.3% uit 572 milljon volwassenes.

4.3 miljoen, meer dan 25% van die robuuste middelklas in Afrika, woon in Suid-Afrika. Sowat 50% van hulle is swartmense, en sowat 40% van daardie groep werk vir die staatsdiens of semi-staatsinstellings. Onder die ander 50% werk net sowat 13% vir die staat.

‘n Diverse orde in Suid-Afrika

Suid-Afrika soos hy tans daar uitsien is ‘n relatief jong politieke orde met sowat 54 miljoen inwoners uit 11 verskillende taalgroepe, nog meer etniese groepe en gemeenskappe. Geen enkele kultuurgroep vorm ‘n meerderheid nie. Hoewel burgers en gemeenskappe vermeng woon, is daar oorhoofs sekere konsentrasies. Die grootste groep van meer as 11 miljoen spreek Zoeloe, die tweede grootste groep van meer as 8 miljoen Xhosa, met hul historiese tuisgebiede en die van nege ander Nguni-taalgroepe hoofsaaklik in die oostelike helfte van Suid-Afrika.

Afrikaans is die moedertaal van meer as 6.5 miljoene mense, die derde grootste taalgroep uit elf taalgroepe. Daar is sowat 3.4 sg. bruinmense wat Afrikaans praat, ‘n heterogene groep met kleiner gemeenskappe, sowat 600 000 swartmense, en 2.6 miljoen Afrikaners.

Kom ons kyk na die kaart van Suid-Afrika. Demografies en sosiaal is Afrikaanstaliges veral in die westerse strook sterk gewortel. Histories was die stryd tussen verskillende groepe en ordes op sy felste in die oostelike deel van Suid-Afrika, waar ook die beste landbougrond en die meeste onderaardse skatte geblyk het te wees. Politieke risiko’s geld oral, maar die impak wissel. As mens kon kies, sou my aanbeveling wees soos dié van ‘n karakter in Die Avonture van Tintin: meer na die weste, jongman, meer na die weste.

In twee van SA se nege provinsies is Afrikaans die meerderheidstaal, naamlik die Wes-Kaap en die Noord-Kaap, en ook in die buurland Namibië. In twee ander provinsies, Noord-Wes en die Vrystaat, is Afrikaans die tweede grootste taal na ‘n Nguni-taal. Getalsgewys is die grootste konsentrasies van Afrikaanstaliges in die Wes-Kaap, wat beheer word deur die politieke opposisie, en in Gauteng, die ekonomiese en ook burokratiese hart van Suid-Afrika. Vir diegene wat juis streke soek met minder of verminderende Westerse invloed, bied die Oos-Kaap, KwaZoeloe-Natal en Limpopo opsies.

Politieke risiko’s verhoog

Die politieke konteks skets ek in South African Monitor se verslag nommer 5. My opsomming is: Die huidige Zuma-bewind is minder demokraties, minder ingestel op die regstaat, onder veel druk weens ekonomiese wanprestasie en krimpende hulpbronne, meer gedrewe om in te meng in die ekonomie om vir sy hoofnetwerk voordele te verkry, meer uitsluitend van diegene wat buite sy kring van ondersteuners val, met meer faksiemededinging binne die ANC, meer invloed of mag onder politieke streeksheersers, en met buitelandse beskermhere soos Rusland en China.

Effektiewe dienslewering is in baie dele van SA slegter. Na jare van beheer oor baie bates kon die regering nie ekonomiese groei bewerkstellig nie. Polities sal sake nie gou dramaties verbeter nie. Allerlei politieke risiko’s sit ek uiteen in die verslag.

Tien kanse

As daar nietemin hoop is vir die ekonomie, is dit nie in die regering geleë nie. Die hoogtepunt van hoop is in die redelik ontwikkelde private sektor en toenemend self-organiserende gemeenskappe. Want daar is tien aansienlike kanssektore in Suid-Afrika.

In September 2015 publiseer McKinsey Global Institute ‘n verslag South Africa’s big five, wat vyf groot geleenthede identifiseer: dienste wat uitgevoer word, gevorderde vervaardiging, infrastruktuurontwikkeling, natuurlike gas, en die landbouwaardeketting. Ek voeg nog vyf daarby wat in Afrikaanstalige gemeenskappe maar ook daarbuite ‘n behoefte vorm; gesondheidssorg; toerisme; kulturele kapitaal; tersiêre opvoeding en beroepsopleiding; beleggings en kapitaal in Europa.

Kom ons bekyk van hierdie tien kanse.

Infrastruktuur

SA het nog van die beste infrastruktuur in Afrika, maar groot gapings bestaan by water, elektrisiteit en sanitasie. Die beter gebruik van bestaande bates, beter instandhouding, prioriteitsprojekte en publiek-privaatvennootskappe bied kanse.

Baie dele van SA is droog of op pad na semi-woestynomstandighede. Die vraag na waterbestuur en klantgerigte dienste groei. Kundigheid in Europa moet soms baie aangepas word vir SA omstandighede. Daardie ontwikkelde kundigheid in SA kan egter ook elders in Afrika en Asië gebruik word.

Energie

SA het die afgelope jaar ‘n stroom van elektrisiteitsonderbrekings beleef. Vertroue in die staat se leweringsvermoë is laag. Gemeenskappe, ook Afrikaanstalige gemeenskappe, streef na groter selfstandigheid van onbetroubare regerings-gelewerde dienste. Daarby, veral onder die middelklas, bestaan daar sterk steun vir omgewingsvriendelike en volhoubare oplossings. Buurt- en gemeenskapsgebaseerde plaaslike energiestelsels sou hoogs relevant en potensieel winsgewend wees in ‘n land met die sonskyn en klimaat van Suid-Afrika.

Landbou-uitvoere, geprosesseer en onverwerk

Landbou- en voedselproduksie is aan die styg in markte dwarsoor Sub-Sahara en Asië. SA kon sy uitvoere teen 2030 verdriedubbel, maar dit benodig dan aandag aan produksie, produktiwiteit en agroprosessering. Dit kon ‘n kerndryfkrag wees vir landelike groei, ook tot voordeel van die een uit tien Suid-Afrikaners wat afhanklik is van bestaansboerdery.

Die Duitse Instituut voor Globale en Areastudies publiseer op 4 Desember 2015 ‘n verslag oor die toevoeging van waarde in produksiekettings binne Afrika. Maar dit sou alles tot stof vergaan as daar nie beter beskerming kom vir die hart van die landbou in Suid-Afrika nie, die kommersiële boere.

Gevorderde vervaardiging

SA het ‘n poel geskoolde arbeid, waarbinne Afrikaanstaliges ‘n belangrike rol speel.

Diensuitvoere

Suid-Afrika het hoogs ontwikkelde dienssektore. Nietemin het dit tans slegs 2% van Sub-Sahara Afrika se mark vir diensinvoere, met ‘n geskatte waarde van $38 biljoen. In konstruksie, strek geleenthede vanaf ontwerp, boubestuur tot instandhoudingsdienste. In finansiele dienste, is bank- en versekeringsdienste en veral digitale dienste ‘n groeimark.

Gesondheidsorg

Privaatgesondheidsdienste bly ‘n moontlike groeimark. Suid-Afrika se hoër onderwysinstellings lewer steeds medici wat in die VSA, VK en Kanada in aanvraag is, maar staatsgesondheidsinstellings verval in verskeie provinsies.

Toerisme

Kulturele-, historiese-, natuur- en avontuurtoerisme bied almal groot kanse vir bedrywe. Onder Afrikaanstalige burgers, is Europa histories ‘n gewilde toeriste-bestemming. Jaarliks besoek ‘n geskatte 300 000 Duitse toeriste en 100 000 Nederlandse toeriste Suid-Afrika. Dit is een aanduiding onder vele van die toerisme-potensiaal.

Kulturele bande

Sterk groepe Afrikaners is baie bewus en positief oor hul kultuurbande met Vlaandere, Duitsland en Nederland. Bande bestaan in akademia, kultuurkringe, familie en ander netwerke. In Suid-Afrika woon reeds 100 000 Duitse burgers en is daar sowat 350 Nederlandse en 600 Duitse bedrywe gevestig. Almal van hulle het belang daarby dat Suid-Afrika se inheemse gemeenskappe, Westers en nie-Westers, hul omgewing help stabiliseer.

Tersiêre opvoeding en beroepsopleiding

Die Grondwet van Suid-Afrika maak eerstens voorsiening vir individuele regte (Handves van Menseregte), tweedens vir gesamentlike of gemeenskapsregte (artikels 6, 29, 30, 31, 185), en derdens selfs vir gebiedsregte in artikel 235. Taalregte is sterk, minstens op papier.

In die praktyk is die situasie egter sorgwekkend. Die getal Afrikaanstalige skole het sedert 1994 drasties gedaal. Onder sowel middelklas- as armer Afrikaanssprekendes word die toegang tot tersiêre of hoër onderwys in hul moedertaal ook moeiliker. Van die 23 universiteite en sowat 30 kampusse was ses tradisioneel Afrikaanstalig. Die posisie by vier is dramaties verswak, en by twee universiteite word dit tans bedreig.

Een daarvan is die Universiteit van Stellenbosch, ‘n instelling wat vanuit die gemeenskap opgebou is. Danksy die werk van baie Afrikaners, maar ook danksy die werk van Duitsers, Skotte, Nederlanders, Vlaminge. Die universiteit had benewens Vlaamse akademici selfs ‘n Vlaamse universiteitsrektor, die kultuuraktivis en historikus, prof. Willem Blommaert (1886-1934).

Dit bly ‘n wetenskaplike feit dat sowel middelklas- as armer Afrikaanssprekendes die beste in hul moedertaal opgevoed en opgelei kan word tot goeie burgers, burgers wat suksesvol deelneem aan hulle gemeenskap, die ekonomie, en die wyer orde in Suid-Afrika. Die kans is goed dat daar in die toekoms vennootskappe met buitelandse universiteite nodig sal wees, of selfs susterkampusse in Suid-Afrika, om Afrikaans op tersiêre vlak te verseker. Daarvoor moet mens dan sake begin inrig.

Internasionale sakeskole en bedrywe

Aansienlike kanse bestaan ook in die veld van privaatopvoeding. Veral internasionaalgerigte sakeskole bied ‘n brug tussen gemeenskappe, bedrywe en opvoeding. Afrika bly ‘n onderontginde ekonomiese gebied, en kundigheid daaroor ook aantreklik vir jong Europese studente en ondernemers. Ook in hierdie opsig, is vennootskappe met instellings binne SA reeds aktief en kon dit in die toekoms voordele bied.

Baie jong Afrikaanssprekers soek geleenthede om internasionaal te reis en te werk vir ‘n tydperk voordat hulle weer terugkeer. Terwyl baie uit hierdie groep na die Engelssprekende wereld gaan, bestaan daar werklike gapings en kanse in Nederlands-sprekende lande. In die oorlog om talent, en die oprigting van nuwe sake-ondernemings buite Europa, verteenwoordig jong en opgeleide Afrikaanssprekendes ‘n gemiste nis-segment. Oorweeg om onder hulle wedersyds voordelige- en langertermynbande te bou.

Kapitaal en belegging in Europa

In Suid-Afrika, is daar belangstelling in ekonomiese en politieke verskansers in die buiteland, ook in beleggings en bedrywe in Europa. Is u ingerig as die behoefte daarvoor in Suid-Afrika ontstaan? Sou u die kanse daar kon benut?

Soiets kan beperk en individuele vorme aanneem. Soms groei dit egter weens omstandighede en rolspelers ook verder. Dit is minder bekend, maar na die val van Antwerpen in 1585 voor Spaanse magte, het Vlaminge byvoorbeeld ‘n belangrike rol gespeel in die Verenigde Oost-Indische Compagnie of VOC. In Rotterdam se VOC-Kamer was die grootste aandeelhouer op ‘n stadium ‘n Vlaming, en sowat 38% van kapitaal in die Amsterdamse VOC-Kamer was op ‘n stadium afkomstig van Vlaminge. Die VOC sou vanaf 1652 die eerste suksesvolle Westerse nedersetting aan die Kaap vestig.

Miskien sien ons vorentoe nog effektief ‘n VAC, ‘n Vlaams-Afrikaanse Compagnie: ‘n diverse konsortium van bedrywe en nie-regeringsorganisasies, ontdaan van kolonialisme en juis gerig op groeiende selfstandigheid. Een wat in Suid-Afrika optree, maar ook met Afrikaanse kapitaal en rolspelers binne Europa optree. Om as aktiewe beleggers en bedrywe binne en buite Suid-Afrika te opereer. Om te verskans teen politieke en ekonomiese risiko’s in Suid-Afrika, een appeltje voor de dorst. Om ‘n nuwe transnasionale kulturele en ekonomiese samewerkingsverband en diplomasie te behartig.

Arbeid Vrijheid

In Antwerpen resoneren twee locaties altijd met mij. De kronkelende uitgestrekte Scheldterivier met zijn eeuwenoude internationale verbindingswegen. En voor het gotische stadhuis, het beeld De Buildrager of De Buideldrager, met de tekst erop: Arbeid Vrijheid.

Vlakbij de Eersterivier in Stellenbosch heeft een Vlaamse mentor voor mij als jongeling het venster naar Europa verder geopend. Zoals Hugo Claus zei, de zon is soms een Antwerpse planeet, de aarde houdt op bij de Schelde. Maar voor ondernemers en cultuurmensen is er andersom ook nog een venster open naar Afrika.

Arbeid Vrijheid: Het is mogelijk bij de Schelde. Het is nog mogelijk bij de Eersterivier.

South Africa at a Glance
57 700 000 (mid 2018 estimate)
4.5% y/y in December 2018 (CPI) & +5.2 y/y in December 2018 (PPI)
2.2% q/q (3rd quarter of 2018)
More information: Click here!